”Laat Radio St. Helena Herleef”-Dag

 

ZD7 is ’n ou vriend vir amateurradio-operateurs, maar St Helena is naby die bopunt van die mees-gesogte lys vir kortgolfluisteraars. Radio St Helena het ’n mediumgolfsender en het in die 1990’s een dag per jaar ’n kortgolfsender vir die “Radio St Helena-dag”-uitsendings geleen. Hierdie programme was waarskynlik die węreld se eerste internasionale multimedia (foon, faks en e-pos) intydse interaktiewe kortgolfprogramme. Die RSH QSL-kaart is nou ’n gesogte item in die versamelings van baie kortgolfluisteraars regoor die węreld. Aan die einde van 1999 het dit alles tot ’n einde gekom toe die sender en lugdraad afgeskryf is.

 

Ons nuwe projek is om te probeer om RSH en dus die hele land van St Helena weer op kortgolf te laat herleef. Die Raad en almal wat met RSH te doen het ondersteun die idee, maar die projek moet privaat deur borge en skenkings befonds word.

 

Sommige van die ondersteuners is kortgolfluisteraars en radioklubs van die VK, VSA, Denemarke, Duitsland, Nieu-Seeland, Australië, Japan, Suidafrika, Kanada, Spanje, Holland, Italië, Rusland, Chile en Brasilië en sluit Adventist World Radio en Radio Havana van Kuba in.

 

Die herlewing van hierdie programme sal hierdie wonderlike en historiese eiland se boodskap die węreld instuur en sal tot groter handel en toerisme vir St Helena lei. Dit mag dalk ook moontlik wees om amateurradio in St Helena se skole te ondersteun en dalk ook ’n amateurradioklubstasie te bou.

 

Dit kan dalk die eerste keer wees dat radiovriende werklik meehelp om hulle eie kortgolfradiostasie te bou. Ons benodig heelwat hulp om St Helena hulle internasionale stem terug te gee. Ons het in Duitsland, die VSA en die VK bankrekeninge vir skenkings opgestel en bedank almal by voorbaat vir hulle bydraes.

 

Vir skenkings in EURO's, gebruik asseblief:

Rekeningnaam:                Radio St. Helena Fund Kipp

Rekeningnommer:            0360304070

Bank:                              Commerzbank ,  Langen,  Germany

Banktakkode:                  50840005

IBAN:        DE45 5084 0005 0360 3040 70 

SWIFT:      COBA  DEFF  012 

 

Ons hoop ook vir skenkings van twee send-ontvangers soos die Yaesu FT757GXII. Kontak my asseblief direk per e-pos i.v.m. toerustingskenkings.

 

Met beste wense

 

Robert Kipp,        DJ0PU

Spesiale Assistant van die Radio St. Helena-Stasiebestuurder

E-pos:   RDC-Roberts-Data@t-online.de